EK IS ’N MOVER EN HET AL MET BAIE VAN SY VRIENDE GESLAAP

Untitled

Liewe Antie Mona

Ek het my berk op die jaart ontmoet. Hy het toe ’n meisie gehad by wie hy gebly het.
Maar toe vry ek hom af en sy los hom. Ek en my berk is nou legally bymekaar maar ek wil hom nou nie meer hê nie.

Hy bly praat van sy eks en rand my baie aan. Om die waarheid te sê, hy kan nie eens lekker seks nie, want sy penis is so klein. Hy dwing my ook na hul huis. Ek wil nie soontoe gaan nie, want hulle is baie morsig.

En Antie, hy hou nie van was nie. Hy gaan kuier ook nog by sy eks. Ek is ’n mover en het al met baie van sy vriende geslaap. Ons almal drink en tik saam. En eers as ek lekker dik getik is, kan ek met hom slaap.

Hoe kan ek hom los? – Anoniem van die Boland.

 

  Loop eenvoudig net weg uit die verhouding. Hy besit jou mos nie en het geen reg om jou aan te rand nie. As hy dit weer doen, gaan kla jy hom aan. En wil jy regtig jou lewe so weggooi met die tikkery?

 


 

You might be interested in these: Click Images to view

KRAAIFONTEIN
taxi
crash-5-injured
2 bakkies

 


Liewe Antie Mona

Hier by ons kerk is ’n suster wat ’n baie stil is. Sy het ’n goeie man wat lief is vir sy familie. Die suster in ons kerk is deurmekaar met drie getroude mans en hulle is ook net so rats soos sy.

Hulle was al klaar saam gesien in ’n hotelkamer, maar sy ontken dit. Sy was ook al klaar gevang met ’n getroude man. Sy is nou amper twee jaar in hierdie affair en ons het met haar gesels om dit te los.

Maar sy is vasbeslote om die getroude mans te verlei. Watter raad kan Antie gee in so geval? – via SMS-lyn

 

  Die eintlike vraag is: watter salf is aan só ’n mens te smeer?

As sy dan klaar haar goeters afsmeer aan die Godsdienstige omgewing waarin sy haar bevind, dan is daar mos nie veel wat haar kan oortuig om haar dinge te laat staan nie.

Sy besef nie of sy wíl nie besef dat spyt altydlate night shift werk nie. Sy gaan eendag meer as net haar hande verbrand.


Liewe Antie Mona

Ek wil net vir daai girl sê wat dink aan ’n verhouding met ’n tronkvoël om nie simpel te wees nie. Die jongens gebruik julle om hulle te kom besoek, geld in te betaal, partykeer goed in te smokkel en mooi klere te koop.

In die meantime maak hulle gat van jou daar binne oor hoe stupid jy is. Meisie, daar is baie ordentlike ouens daar buite. Moenie jouself cheap maak nie, want dit lyk nou jy kan nie ’n man kry nie, nou vat jy maar enigiets.

Dink meer van jouself as om met gemors opgeskeep te wil sit. – via SMS-lyn

 

  Ek stem! Daar steek soveel waarheid in dit wat jy sê. Behalwe dat nie almal wat in die tronk is, gemorste is nie. ’n Mens kan net hoop dat niggie se oë al oopgegaan het en dat sy teen dié tyd al besef het dat daar meer as genoeg ordentlike mans buite die vier hoeke van ’n sel is.


Liewe Antie Mona

Ek is ’n polisieman wat vir die tweede keer getroud is. Ek is 46 en my huidige vrou 33. Ek is nou twee jaar met my huidige vrou getroud en ons het nie kinders nie.
Antie, die probleem is dat my vrou seksueel baie aktief is.

Sy wil elke aand seks hê. Sy het nou ons woonstel verlaat omdat haar ma, wat al 12 jaar van haar man geskei is, daarop aangedring het. My huidige vrou was vyf jaar getroud voordat sy geskei het.

Sy het geskei omdat haar man haar aangerand het. Maar nou het sy vir my ook al verskeie kere aangerand, en dit nogal voor die polisie. Sy sê dan ek het haar aangerand, wat nie waar is nie.

My vrou het my al met haar eks bedrieg, en ek vemoed sy doen dit nou ook met ’n ander man. Haar ma neuk ook rond en wil hê my vrou moet dit ook doen. Haar ma is al amper 60 jaar oud. Ek het onlangs ’n interdik en skeibrief van my vrou ontvang, maar ek is baie lief vir haar.

Ek het al selfmoord oorweeg. Ek wil my vrou terughê. Ek het 19 jaar se getroude lewe vir haar prysgegee. Nou het sy my sonder enige rede verlaat. – Verlore man 

 

 Ek vermoed jy het met die vrou gejol in jou getroude lewe, en toe jou vrou vir haar verlaat. Jou huwelik is in sy maai, meneer.

Dink net: sy wil jou gaan aankla van aanranding, sy verneuk jou met haar eks en nog ’n ou, sy kry ’n interdik teen jou en sy wil van jou skei. Boonop trek sy uit. As dit nog nie tot jou deurgedring het dat sy niks meer met jou te doen wil hê nie, is jy maar taamlik dof.

Skrik wakker en kry die vrou uit jou lewe.


Het jy liefdesprobleme of enigiets anders wat jou pla? Deel dit met Antie Mona, wat jou goeie raad sal gee. Skryf gerus aan Antie Mona, Son, Posbus 6262, Roggebaai, Kaapstad, 8012.