ANTIE MY PUBES EN EIERS BLY JEUK – ANTIE MONA GEE RAAD!

pubes

ANTIE MY PUBES EN EIERS BLY JEUK

Liewe Antie Mona

Ek sukkel al die laaste tyd met plat luise op my geslagsdele. Ek is 37 jaar oud. Die plat luise jeuk veral as ek tussen mense is. Dan moet ek gou ’n verskoning uitdink om my eiers in die toilet te gaan krap.

Ek raak nou rêrig moeilik. Hoe kan ek van die blêddie goed ontslae raak? – Platluis

 

  Jôh! Dit is omtrent ‘n krapperige situasie.

Jy het jeuksiekte. Dis klein, plat luise wat onder die vel rondom die skaamhare inboor en hoe meer jy krap, hoe meer kriewel die goed. Jy moet na ’n kliniekdokter toe gaan of na jou eie dokter om dit te behandel. Dis ’n geslagsiekte wat jy opgedoen het deur moontlik rond te slaap.

Jy sal dadelik na ’n dokter toe moet gaan, al is jy nou hoe skaam. Die dokter sal nie jou geval met ander mense bespreek nie. Next time wees maar meer versigtig saam met wie jy slaap.

Die Son