EK HET UITGEVIND MY VROU HOER MET ’N KERKBROER

Liewe Antie Mona
Ek het uitgevind my vrou hoer met ’n kerkbroer. Ek wou dit eers nie glo nie, maar het gesien hoe sy in sy kar klim.

Ek het toe probeer uitvind hoekom my vrou hoer. Ek hoor toe sy het vir haar vriende gesê ek het kanker in my totterman en kan haar nie meer lekker steek met my kanker-totterman nie.

Antie, ek was absoluut geskok. Om te dink ek het die mense wat my vrou ’n hoer genoem het, so lelik uitgeskel.

Die feit dat my vrou met die man in sy kar geklim het, het my nie heeltemal oortuig dat hulle jol nie. Hy is al ’n outoppie. En sy vrou is dood.

Toe sy vrou dood is, het hy baiekeer my vrou na sy huis toe laat kom om met huiswerkies te help. Omdat hy ’n ou man en ’n kerkbroer is, het ek dit maar toegelaat.

Maar ek het toe besluit om te gaan kyk watse “huiswerkies” sy doen.
Toe ek daar kom, betrap ek haar en die outoppie kaal in die bed, besig om mekaar te spyker.

Toe hulle my uiteindelik sien, het my vrou gillend en kaal by die kamer uitgestorm. Ek het die outoppie gevra wat hy met my vrou doen. Hy het gesê hulle is lief vir mekaar.

Ek het toe gesê dan kan hulle mekaar maar kry. Ek het vir my vrou gesê sy kan maar by die outoppie gaan intrek.

Sy het gehuil en my om vergiffenis gesmeek, maar ek wou niks hoor nie.
Ek het vir haar gesê: “Jy het dan met die man gejol, hoekom wil jy hom nie nou vat noudat jy kan nie?”

Ek het met die man ook gaan gesels, maar hy wil haar ook nie hê nie.
Hy sê dit was oukei om met haar te hoer, maar hy wil haar nie as vrou hê nie.

Sy huil elke dag, maar my hart is hard. Ek gaan nou van haar skei. Sy kan en wil nie verstaan dat ek nie haar hoerdery kan vergewe nie.

– Gatvol van hoerdery

 

Jy doen die regte ding. Noudat die hoerman ’n vry man is, wil hy haar nie hê nie en sy wil jou ook nie los nie.

’n Mens moet besef jy moet pa staan vir jou foute.
En ’n mens moet ook besef spyt kom altyd te laat. Sterkte.

Die Son

IT WAS ONLY AFTER OUR SEX SESSIONS THAT I FOUND OUT THAT SHE WAS A MAN

Liewe Antie Mona

MY PROBLEEM is ek het ’n lekker goose in die club ontmoet. Ons het gesels en kort voor lank het ons twee verdwyn en in my kar gaan seks.
Ná daai aand het ons mekaar weer ge-meet en die sekssessies het weer begin, maar toe begin die probleme.

Ek begin toe snaakse boodskappe op haar foon sien. Mans en vroue stuur vir haar sexy messages en kaalfoto’s – en raai wat, ek raak nogal lekker aroused daardeur.

Maar toe stuur een van die ouens vir haar ’n boodskap om te vra of sy nog nie vir haar nuwe vriend (ek neem aan dis ek) van die operasie vertel het nie.

Ek het haar onmiddellik gekonfronteer, want ek weet mos nie waaroor dit gaan nie – dalk is sy siek of iets.

En daar spill sy als – sy was voorheen ’n man! Ek het haar (of hom of whatever) so lelik uitgeskel en haar toe gestoot totdat sy blou is.

Was ek verkeerd? Moes ek dit nie gedoen het nie? Ek was só kwaad en steeds het ek gesê ek is lus vir jou. Wat de hel gaan met my aan? Wat moet ek doen? Is ek gay? Is ek straight?

Wat? Help asseblief, Antie! – Confused van Tafelsig

Antie Mona:

Antie kon nie help om uit te bars van die lag nie. Dit is duidelik jy is met haar of hom net vir die seks en jy is nie emosioneel betrokke nie. 

So, dit is jou keuse om aan te kap of nie. 
En nee, jy is nie gay nie, jy het mos nie geweet sy was voorheen ’n man nie. 

Die Son

EK WIL HÊ ‘N VROU MOET MY VASMAAK EN MY SLAAN

Liewe Antie Mona

Ek het ‘n groot probleem. Ek is nou drie jaar bekeer en ek het gebid vir die regte vrou. Nou kry ek ‘n hele paar. My probleem is ek is ‘n masochis.

Ek wil hê ‘n vrou moet my vasmaak en my slaan en vir my sê ek moet haar skoon lek en suig. Dan kry ek baie gou ‘n ereksie.

Sê Antie nou hoe sê ek dit vir haar? Hulle sal sê ek ly aan ‘n seksuele afwyking. Is ek mal? Ek glo nie, want ek is nog by my volle positiewe.

Gee my asseblief ‘n antwoord. Ek weet baie vroue kla dat hulle mans hulle slaan. Ek wil nou weer hê ‘n vrou moet my slaan en die baas wees. — K

 

  Jy moet nou maar mooi verstaan, nie alle vroue is in op sulke speletjies nie. Dit is ook moeilik om so iets vir ‘n vrou te vertel. Die beste is maar om net openlik te praat.

As julle nou al ‘n rukkie saam is en al baie seks gehad het, moet jy maar eendag by die huis kom met ‘n swepie. 

As sy jou dan vra waarvoor dit is, dan sê jy jy’t gedink julle kan die sekslewe so bietjie opkikker as sy jou ‘n paar keer wiks. Jy sal sommer dadelik kan sien of sy in is of nie.

MOEË MAN LAAT HAAR SOOS ’N VIRGIN VOEL

MOEË MAN LAAT HAAR SOOS ’N VIRGIN VOEL

Liewe Antie Mona
Ek weet my man jol nie rond nie, maar hy vat dan skaars aan my!
Ek gaan baie aande kwaad bed toe.
Hy is dan nou eers 48 jaar oud, maar bly moeg.
Ek voel al soos ’n virgin daar onder en soek die spark terug in my bed.

– via SMS-lyn 

 

  Moegheid kan natuurlik ’n simptoom van een of ander kwaal wees.

Laat hy jul GP gaan sien vir ’n volledige check-up.
En, vrou, as daar niks skort nie, dan sorg jy dat jy sy aandag kry.
Daar is niks daarmee verkeerd om eie inisiatief te neem, ’n paar stoute slaapkleertjies aan te skaf, ’n lekkerruik-bad vir julle te tap, romantiese ete met ’n kinky kinkel vir julle te reël nie…
Daar is genoeg moontlik¬hede vir jou om hom en jouself moeg in die bed te maak.

VROU (29) IS BANG LOVER MET PAP WORS LOS HAAR

Liewe Antie Mona
Ek is 29 jaar oud, en my outjie word 50. Seks is ’n probleem, want hy raak nie meer styf nie.
Wat moet ek doen?
Ek wil hom nie verloor nie! – via SMS-lyn

 

 Liefie, wil jy vir my sê jy dink die pap wiel is oor hy nie meer lus vir jou kry nie?

Want hoe kan jy bang wees om hom te verloor as hy die eintlike een is wat bekommerd en insecure behoort te voel oor hy dalk kan dink jý hom sal los oor hy jou nie kan satisfy nie.

Jou kêrel se impotensie kan aan verskeie mediese faktore gekoppel wees. Laat hom ’n bietjie die dokter gaan sien en hom laat uit-check. Die dokter kan dan ook ’n wiel-oppomper-pilletjie voorskryf wat hom gou weer op die pad sal kry.

Waak egter daarteen om so angstig oor ’n man te wees wat jou dalk kan los. Jy blyk veel meer te worry oor papwielseks as of hy ooit van plan is om ’n future met jou te hê.

Is seks dan belangriker vir jou as om eendag jou fairytale wedding te hê?

Die Son

PASTOOR MOET BID OOR MEISIE! WAT GAAN EK MAAK AS MY VROU UITVIND?

Liewe Antie Mona
Ek is amper ’n pastoor in my kerk. Ek soek raad, want ek dink ek gaan van my kop af raak. Ek was verlief op ’n meisie. Ons het selfs so nou en dan iets aan gehad, maar sy het toe getrou. Ek is ook getroud.

Ek is nog lief vir haar en as ek haar sien, kan my ingewande dit nie hou nie. Dink Antie sy kan nog iets vir my voel? Of is ek sommer laf?  Ek is nog baie, baie lief vir haar. Wat gaan ek maak as my vrou uitvind?

Sy is party dae net ’n troos vir my.
– Pastoor

 

  Praat van ongoddelik! En dan wil jy nog ’n pastoor word?

Wat gaan jy vir jou gemeente preek? Hoe om ’n ander man se vrou te begeer? Soos ek kan aflei, was jy verlief op die meisie toe jy al getroud was.

Sy het dalk iets vir jou gevoel, maar het gesien die verhouding gaan niks verder kom nie, daarom het sy getrou. Jy vra wat gaan jou vrou maak as sy uitvind? Sy gaan jou natuurlik uitskop.

Jy moet nou regtig begin bid oor die saak. Probeer aan haar dink as iemand wat net ’n vriendin behoort te wees. Dink aan jou lieflike vrou en jou toekoms as pastoor.

Jy wil dit tog seker nie nou alles gaan opmors omdat jy “verlief” is nie. Bly uit die meisie se lewe.

Dit is die beste vir jou.

VIR MY EKS-OU IS EK NET GOED GENOEG AS ’N STOOT

Liewe Antie Mona
Ek het 22 jaar met my ou saamgewoon, maar toe kry hy vir hom ’n ander meisie. Hy het teruggekom, maar toe los hy my weer en gaan terug na haar.

Wanneer hy terugkom, wil hy net seks hê. Ek gee dit dan vir hom, want ek is baie lief vir hom, maar hy maak my hart baie seer.

Wat moet ek doen? – Anoniem

 

  Liefie, dis tyd dat jy die waarheid moet face: Hy is nie lief vir jou nie.

Ek dink nie daai vuil uil het ooit vir jou iets gevoel nie. Hy gebruik jou net om sy lus te blus, en wanneer sy tenkie leeg is, is jy nie meer goed genoeg nie. Daai man voel niks vir jou nie, want vir hom gaan alles daaroor om sy eie behoeftes te bevredig.

Nee wat, sy gat. Sny hom uit jou lewe en move aan. Solank jy hom elke keer in jou lewe toelaat, gaan jy nooit iemand anders ontmoet nie. En dan laat jy hom toe ook maar net om jou hart weer te breek en dan uit jou lewe te verdwyn.
Jy sê 22 jaar; dis darem ’n baie lang tyd om ’n drol te entertain.

Hoe ver op die lewe se weg van die liefde kon jy nie nou al gewees het as jy iewers langs die pad al opgehou het om jou tyd met hom te mors nie? En selfs in daai 22 jaar het hy nie eens die moeite gedoen om met jou te trou nie, wat eintlik ’n bedekte seën is, want dan was daardie slet van ’n jong vandag jou man.

Hy buit jou uit, want hy weet jy is lief vir hom en val maklik vir sy flou kaarte. Oor en oor. Dis tyd dat jy wakker skrik en die koffie ruik.

– Die Son

EK HET MY VROU KAALGAT, VASGEBIND IN DIE KOOI GEVANG

Liewe Antie Mona

Ek het nooit geweet my vrou steek in die ronde nie – totdat ek haar letterlik op heterdaad betrap het. Antie, ek het een middag siekerig begin gevoel en is vroeg huis toe.

Toe my motor voor die huis stilhou, het ek ’n jong in sy onderbroek sien weghardloop. Ek het by die huis ingehardloop omdat ek gemeen het dis ’n in­breker. En daar kry ek toe my vrou – kaalgat met hande en voete wat aan die bed vasgebind is. Sy was geblinddoek.

Antie, ek dog toe die jong het haar vasgebind en wou haar verkrag, toe hoor ek haar vra: “Kom nou, jy draai dan nou so lank. Ek is reg vir jou.” Ek was so geskok en naar tot in my siel. Ek het niks gesê ni en het omgedraai en ’n dop gaan drink by ’n kroeg.

Ek kon haar nooit weer in die gesig kyk of met haar praat nie. Ek weet nie eers wie haar losgemaak het nie. Ek wil nie eers aan haar vat nie. Ek dink ek gaan haar vra om te skei… – Geskok van Paarl

 

  Eish. Ek dink jy moet, want sy sal altyd wonder waarom jy haar gelos het.

ANTIE MY PUBES EN EIERS BLY JEUK – ANTIE MONA GEE RAAD!

ANTIE MY PUBES EN EIERS BLY JEUK

Liewe Antie Mona

Ek sukkel al die laaste tyd met plat luise op my geslagsdele. Ek is 37 jaar oud. Die plat luise jeuk veral as ek tussen mense is. Dan moet ek gou ’n verskoning uitdink om my eiers in die toilet te gaan krap.

Ek raak nou rêrig moeilik. Hoe kan ek van die blêddie goed ontslae raak? – Platluis

 

  Jôh! Dit is omtrent ‘n krapperige situasie.

Jy het jeuksiekte. Dis klein, plat luise wat onder die vel rondom die skaamhare inboor en hoe meer jy krap, hoe meer kriewel die goed. Jy moet na ’n kliniekdokter toe gaan of na jou eie dokter om dit te behandel. Dis ’n geslagsiekte wat jy opgedoen het deur moontlik rond te slaap.

Jy sal dadelik na ’n dokter toe moet gaan, al is jy nou hoe skaam. Die dokter sal nie jou geval met ander mense bespreek nie. Next time wees maar meer versigtig saam met wie jy slaap.

Die Son

NÁ SEKS MET ‘N CONDOM HET HY ERGE KOPSEER

NÁ SEKS MET ‘N CONDOM HET HY ERGE KOPSEER

Liewe Antie Mona

Ek het gedink om ’n ou ’n kans te gee en het omgang met hom gehad met ’n kondoom.

Maar die ander dag maak hy ’n date en kanselleer dit toe weer. Hy sê hy het ’n erge kopseer. Wat doen ek daaromtrent? – via SMS-lyn

 

  Jy kan altyd vir hom ’n Grandpa deur die pos stuur. Verskoon tog maar Antie se Flou Dinsdag-grappie.

Liefie, omgang met of sonder ’n kondoom met ’n jong wat jou clearly net gebruik, is een en dieselfde ding by my: ’n ramp. ’n Man wat met so ’n flou verskoning opkom, het net een van twee redes: Hy is getroud. Of hy is in ’n langtermyn-verhouding.

Hoekom sal hy dan nou dat hy ietsie gekry het, wegbly sonder om homself eers ’n gawe tyd te gee. liefie? Wees versigtig om sommer so gou af te gee aan ’n man wat agter ’n hoofpyn kan skuil.

En maak seker dat só ’n jong nie net daarop uit is om te kry wat hy wil hê en dan soos ’n misterieuse kopseer wil uitdraai nie.

Ek dink jy moet daai kans wat jy hom gegee het, terugvat.

Die Son