EK HET UITGEVIND MY VROU HOER MET ’N KERKBROER

son

Liewe Antie Mona
Ek het uitgevind my vrou hoer met ’n kerkbroer. Ek wou dit eers nie glo nie, maar het gesien hoe sy in sy kar klim.

Ek het toe probeer uitvind hoekom my vrou hoer. Ek hoor toe sy het vir haar vriende gesê ek het kanker in my totterman en kan haar nie meer lekker steek met my kanker-totterman nie.

Antie, ek was absoluut geskok. Om te dink ek het die mense wat my vrou ’n hoer genoem het, so lelik uitgeskel.

Die feit dat my vrou met die man in sy kar geklim het, het my nie heeltemal oortuig dat hulle jol nie. Hy is al ’n outoppie. En sy vrou is dood.

Toe sy vrou dood is, het hy baiekeer my vrou na sy huis toe laat kom om met huiswerkies te help. Omdat hy ’n ou man en ’n kerkbroer is, het ek dit maar toegelaat.

Maar ek het toe besluit om te gaan kyk watse “huiswerkies” sy doen.
Toe ek daar kom, betrap ek haar en die outoppie kaal in die bed, besig om mekaar te spyker.

Toe hulle my uiteindelik sien, het my vrou gillend en kaal by die kamer uitgestorm. Ek het die outoppie gevra wat hy met my vrou doen. Hy het gesê hulle is lief vir mekaar.

Ek het toe gesê dan kan hulle mekaar maar kry. Ek het vir my vrou gesê sy kan maar by die outoppie gaan intrek.

Sy het gehuil en my om vergiffenis gesmeek, maar ek wou niks hoor nie.
Ek het vir haar gesê: “Jy het dan met die man gejol, hoekom wil jy hom nie nou vat noudat jy kan nie?”

Ek het met die man ook gaan gesels, maar hy wil haar ook nie hê nie.
Hy sê dit was oukei om met haar te hoer, maar hy wil haar nie as vrou hê nie.

Sy huil elke dag, maar my hart is hard. Ek gaan nou van haar skei. Sy kan en wil nie verstaan dat ek nie haar hoerdery kan vergewe nie.

– Gatvol van hoerdery

 

Jy doen die regte ding. Noudat die hoerman ’n vry man is, wil hy haar nie hê nie en sy wil jou ook nie los nie.

’n Mens moet besef jy moet pa staan vir jou foute.
En ’n mens moet ook besef spyt kom altyd te laat. Sterkte.

Die Son