EK HET MY VROU KAALGAT, VASGEBIND IN DIE KOOI GEVANG

KAAL

Liewe Antie Mona

Ek het nooit geweet my vrou steek in die ronde nie – totdat ek haar letterlik op heterdaad betrap het. Antie, ek het een middag siekerig begin gevoel en is vroeg huis toe.

Toe my motor voor die huis stilhou, het ek ’n jong in sy onderbroek sien weghardloop. Ek het by die huis ingehardloop omdat ek gemeen het dis ’n in­breker. En daar kry ek toe my vrou – kaalgat met hande en voete wat aan die bed vasgebind is. Sy was geblinddoek.

Antie, ek dog toe die jong het haar vasgebind en wou haar verkrag, toe hoor ek haar vra: “Kom nou, jy draai dan nou so lank. Ek is reg vir jou.” Ek was so geskok en naar tot in my siel. Ek het niks gesê ni en het omgedraai en ’n dop gaan drink by ’n kroeg.

Ek kon haar nooit weer in die gesig kyk of met haar praat nie. Ek weet nie eers wie haar losgemaak het nie. Ek wil nie eers aan haar vat nie. Ek dink ek gaan haar vra om te skei… – Geskok van Paarl

 

  Eish. Ek dink jy moet, want sy sal altyd wonder waarom jy haar gelos het.