EK IS VERLIEF OP TJOMMIE SE EKS

dd

Liewe Antie Mona
Ek is 21 en verlief op ’n meisie wat nog op skool is. Ons is nou al vier jaar vriende. Sy was my beste vriend se meisie, maar ek het eers onlangs feelings vir haar gekry.
Antie, ek wil nie my beste vriend verloor oor ek sy ex-girl wil date nie, maar hoe sê ek vir haar hoe ek oor haar voel? – Via SMS-lyn

  Jy laat my wonder hoe oud die meisie is, maar aangesien jy sê sy is nog op skool, gaan ek sommer aanneem sy is nog nie 18 nie. Ek wil nie jou bubble laat bars nie, maar sal dit nie beter wees dat jy wag totdat sy klaar is met skool nie?

Doen jy dit, kan niemand jou later daarvan beskuldig dat jy met haar onderwys interfere het nie, veral nie haar ouers nie. Jy is bekommerd oor jou beste vriend, maar glo my, haar ouers gaan ook nie hêppie wees met dié stand van sake nie.
So, al stel sy ook belang in ’n verhouding met jou, gaan julle van alle kante gebombardeer word.

Aan die ander kant is daar ook die moontlikheid dat sy jou net as ’n goeie, ouer vriend beskou. As dit die geval is, loop jy gevaar om minstens jul vriendskap te bederf.

Dit klink dalk asof ek voorstel dat jy ys op jou gevoelens moet pak, maar daar is soveel goed wat verkeerd kan loop. Deur agter ’n pêl se eks aan te hardloop, is soek vir wrywing wat kon gebly het, en dit kan lelik uitdraai.

Dink baie, baie mooi voordat jy enigiets doen.

Die Son