EK WIL HÊ ‘N VROU MOET MY VASMAAK EN MY SLAAN

vasmaak

Liewe Antie Mona

Ek het ‘n groot probleem. Ek is nou drie jaar bekeer en ek het gebid vir die regte vrou. Nou kry ek ‘n hele paar. My probleem is ek is ‘n masochis.

Ek wil hê ‘n vrou moet my vasmaak en my slaan en vir my sê ek moet haar skoon lek en suig. Dan kry ek baie gou ‘n ereksie.

Sê Antie nou hoe sê ek dit vir haar? Hulle sal sê ek ly aan ‘n seksuele afwyking. Is ek mal? Ek glo nie, want ek is nog by my volle positiewe.

Gee my asseblief ‘n antwoord. Ek weet baie vroue kla dat hulle mans hulle slaan. Ek wil nou weer hê ‘n vrou moet my slaan en die baas wees. — K

 

  Jy moet nou maar mooi verstaan, nie alle vroue is in op sulke speletjies nie. Dit is ook moeilik om so iets vir ‘n vrou te vertel. Die beste is maar om net openlik te praat.

As julle nou al ‘n rukkie saam is en al baie seks gehad het, moet jy maar eendag by die huis kom met ‘n swepie. 

As sy jou dan vra waarvoor dit is, dan sê jy jy’t gedink julle kan die sekslewe so bietjie opkikker as sy jou ‘n paar keer wiks. Jy sal sommer dadelik kan sien of sy in is of nie.