MOEË MAN LAAT HAAR SOOS ’N VIRGIN VOEL

son

MOEË MAN LAAT HAAR SOOS ’N VIRGIN VOEL

Liewe Antie Mona
Ek weet my man jol nie rond nie, maar hy vat dan skaars aan my!
Ek gaan baie aande kwaad bed toe.
Hy is dan nou eers 48 jaar oud, maar bly moeg.
Ek voel al soos ’n virgin daar onder en soek die spark terug in my bed.

– via SMS-lyn 

 

  Moegheid kan natuurlik ’n simptoom van een of ander kwaal wees.

Laat hy jul GP gaan sien vir ’n volledige check-up.
En, vrou, as daar niks skort nie, dan sorg jy dat jy sy aandag kry.
Daar is niks daarmee verkeerd om eie inisiatief te neem, ’n paar stoute slaapkleertjies aan te skaf, ’n lekkerruik-bad vir julle te tap, romantiese ete met ’n kinky kinkel vir julle te reël nie…
Daar is genoeg moontlik¬hede vir jou om hom en jouself moeg in die bed te maak.