NÁ SEKS MET ‘N CONDOM HET HY ERGE KOPSEER

condom

NÁ SEKS MET ‘N CONDOM HET HY ERGE KOPSEER

Liewe Antie Mona

Ek het gedink om ’n ou ’n kans te gee en het omgang met hom gehad met ’n kondoom.

Maar die ander dag maak hy ’n date en kanselleer dit toe weer. Hy sê hy het ’n erge kopseer. Wat doen ek daaromtrent? – via SMS-lyn

 

  Jy kan altyd vir hom ’n Grandpa deur die pos stuur. Verskoon tog maar Antie se Flou Dinsdag-grappie.

Liefie, omgang met of sonder ’n kondoom met ’n jong wat jou clearly net gebruik, is een en dieselfde ding by my: ’n ramp. ’n Man wat met so ’n flou verskoning opkom, het net een van twee redes: Hy is getroud. Of hy is in ’n langtermyn-verhouding.

Hoekom sal hy dan nou dat hy ietsie gekry het, wegbly sonder om homself eers ’n gawe tyd te gee. liefie? Wees versigtig om sommer so gou af te gee aan ’n man wat agter ’n hoofpyn kan skuil.

En maak seker dat só ’n jong nie net daarop uit is om te kry wat hy wil hê en dan soos ’n misterieuse kopseer wil uitdraai nie.

Ek dink jy moet daai kans wat jy hom gegee het, terugvat.

Die Son