OUMA LÊ LANK DOOD IN WONING

son ouma

’N OUMA se lyk is Vrydag in haar woning gevind nadat sy twee weke laas gesien is. Vrydag was die hele Libertashof in Leons­dale, Elsiesrivier, vol nuuskierige bure toe die vrou, net bekend as Katriena (69), se lyk uitgedra is.

Haar dogters wou niks sê nie en neighbours het gevra om anoniem te bly as hulle praat. Volgens ’n buurvrou was Katriena nie ’n persoon wat haar lewe met ander gedeel het nie.

Toe die bure haar langer as twee weke nie gesien het nie, het hulle ’n rot geruik en haar een dogter gebel.

 

Oopgeforseer
Die buurvrou verduidelik: “Daar het ook ’n stank uit die huis gekom. Toe haar dogter Trudy opdaag, het sy aan die deur geklop. Daar was nie antwoord nie.

“Hulle het toe die deur oopgeforseer en op die lyk afgekom. “Ek dink sy het van ’n natural cause gesterf.” Met Son se besoek hetdie reuk van die dood nog swaar in die lug gehang.

’n Nadoodse ondersoek is aan die gang.

Die Son