STUDENT LAAT LECTURER KREUN MET QUICKIES

quickies

Liewe Antie Mona
Ek is S van Elsiesrivier en is ’n student. Ek en my lektor het onlangs ’n paar keer saam geslaap. Aan die begin was dit net vir die fun en ons het eers net gevry.

Maar hy sê nou hy is verlief op my. Hy is getroud, maar hy sê hy geniet dit as ek hom penetreer. Ek het onlangs uitgevind dat hy getroud is en ek wil nie hê dat hy sy vrou moet los nie. Ek wil ook nie hê ons twee se dinge moet uitkom nie omdat ek nog in die kas is as ’n bisexual jong man.

Hy het gedreig dat as ek hom ophou seks, hy die hele affêre sal oopvlek. Hy sê hy gee nie om of dit hom sy werk kos nie. Hy is baie lekker geselskap en as ek met hom is, voel ek soos ’n volwasse man. Ek geniet dit ook om hom binne te gaan en te hoor hoe hy kreun.

Ons het al seks in die seunstoilet gehad by die kollege en in sy kantoor.  Hy wil vir my ’n kar koop, maar ek kan dit nie aanvaar nie, want hoe verduidelik ek aan my ouers waar ek die kar kry?

Antie, ek soek dringend hulp oor wat my te doen staan. – via e-pos 

 Liefie, hier is baie meer op die spel as net die lekker om jou lecturer te hoor kreun. Daar is ’n vrou wat glad nie verdien wat tans aan haar gedoen word nie.

Ek kry die gevoel dat jou lecturer jou naïwiteit as jong man vir sy eie begeertes uitbuit. En in die proses maak dit nie by hom saak wie wat verloor nie. Die vraag wat jy jouself moet afvra, is: Wat anders as lekker, kreunende en verbode seks kry jy uit dié gedoente?

Die onbetaamlikheid van jul verhouding strek nog verder met die feit dat hy in ’n vertrouensposisie is en hoegenaamd nie ’n seksuele verhouding met een van sy studente mag aanknoop nie. En nou wil hy jou emosioneel afpers?

Dít terwyl hy mos maar van sy vrou kon skei en dan die dinge doen wat sy lyf begeer. Jy sal ferm moet staan en daarop moet aandring dat jy nie langer sy behoeftes gaan stil nie. Dalk sal dit help as jy eers deal met jou eie seksualiteit en vrae oor hoe jy gemaklik met jouself kan wees.

Dit baat immers nie jy worry oor jou lecturer se obessie met jou nie, maar kaantie geniet jy dit net so baie.


Liewe Antie Mona
So ’n paar weke gelede het ek uitgevind my man was by ’n ander teef. In die verlede is daar ook al geskel oor haar en dit was amper die einde van ons huwelik. Ek het met haar ge-chat en sy het my ’n klomp k*k vertel wat my ontsettend siek gemaak het. Hy erken wel dat hy daar was, maar ontken wat sy vir my gesê het.

Antie, ek voel om wraak te neem. Ek het nou al uitgevind wat haar “verloofde” se naam en van is, maar sukkel nog om ’n nommer van hom te kry. Ek wil net hê hy moet weet wie sy is en ek wil die chats aanstuur vir hom.

Persoonlik is ons huwelik nou al beter, maar as daar ’n geskel kom, dan bly ek dit voor sy gesig gooi. Ek voel om haar goed in haar moer te maak, want blykbaar moer ál die vroumense haar by die werk omdat sy so in huwelike krap.

Maar moet ek regtig my hande vuil maak op sulke k*k? – via e-pos 

 Liefie, sulke slette is dit nie werd om jou bloeddruk oor op te stoot nie.
Sy is duidelik daarop uit om jou huwelik te vernietig. 

Maar dan moet jou man ook sy dinge laat staan en vir ’n change wys hy is ernstig oor jul huwelik. Moet egter nie iets doen wat jou in die tronk kan laat beland nie. Sy’s dit nie werd nie.