SWAER VAT HAAR NA DIE 7DE SEKSHEMEL

sexhemel

Liewe Antie Mona

Ek is so deurmekaar en weet nie wat om te doen nie. Antie, ek en my swaer werk vir dieselfde maatskappy. Ons is baie goeie vriende en ek het hom geken nog lank voordat hy my suster ontmoet het.

Oor die jare het ek steeds ’n crush op hom gehad, maar het hul huwelik respekteer. ’n Week gelede het dinge egter verander.

Ons was saam op ’n werksgeleentheid en ek weet nie wat gebeur het nie, maar ons het in ’n hotelkamer beland. Antie, ek weet dit was verkeerd, maar dit was die wonderlikste twee gesteelde ure van my lewe.

Ek is nog nooit so lekker geseks en deur ’n man op die hande gedra nie. Ons kon nie genoeg van mekaar kry nie en ek en hy het dinge gedoen wat ek nog nooit met ’n ander man gedoen het nie.

Ek het hom gesuig, hy het my gelek en ek het later ophou tel oor hoeveel kere ons orgasmes bereik het. Ek was in die sewende seks­hemel.

Hy het my later gaan aflaai en ek kon nie aan die slaap raak nie. Ek het wakker gelê en aan hom gedink. Ek kan nie glo my suster sit al die jare met hierdie geluk nie.

Sy het dan nooit vir my wat haar suster is, vertel hoe lekker haar man seks nie. Ek kan nie help nie, maar ek voel nou baie jaloers teenoor my suster.

Ja, ek voel skuldig oor wat ek aan haar gedoen het, maar ek kan nie anders as om te wens sy was nie in die prentjie nie.

Dink Antie dis verkeerd van my om so te voel?

Ek en my swaer het nog nie weer ná daai aand gepraat nie, maar ek weet as hy aan my deur gaan kom klop, gáán ek oopmaak. – via e-pos

 

  Weet jy, daar is baie vroue wat, nes ek, nou baie dankbaar is dat hulle nie ’n suster soos jy het nie. Of ’n man soos jou suster s’n nie. Wat julle gedoen het, is laag en gemeen.

Ek val vir g’n oomblik daarvoor dat jy kamma nie weet hoe julle in ’n hotelkamer opgeëindig het nie. Daar moes ’n opbou wees, ’n ge-flirt wat jy ge-entertain het.

En te midde van al die soete liegstories wat oor sy lippe gevloei het, het jy conveniently vergeet dat dit jou suster se man is.

Ek gee regtig nie om of hy beter seks as die man op die maan nie. Wat julle gedoen het, is verkeerd en g’n crush van die verlede kan dit justify nie. Jou suster verdien nie dit wat julle aan haar gedoen het nie.

Jy sê jy voel skuldig, maar ek dink dis meer ’n geval van jy wat nou jou suster, jou eie bloed, uit die verhaal wil wens net sodat jy hierdie seksmasjien van ’n man vir jouself kan hê.

Maar weet jy, soos wat die jare aanstap, gaan ’n man maar ook net vir so lank ’n yster in die bed bly. Hierdie is goed wat met tyd slap, pap en hangend word.Maar ’n band met familie is iets wat deur tye behoue bly.

Dit is egter duidelik dat ’n nice time tussen die lakens meer by jou tel as familie.

Die Son