SY DRA VIESLIKE JINTOE-KLERE WAT EINTLIK BEDOEL IS VIR MAER TIENERMEISIES

son-jintoe

Liewe Antie Mona,

Ek is Raadop. Antie, ek is al ’n groot man van amper 60 jaar oud met aansien en respek in my gemeenskap. Ek is een van die min mans in my gemeenskap wat ’n goeie werk het en wat ook regtig baie goed vir my gesin sorg.

Hulle het alles wat hul harte begeer, en is miskien te veel bederf. Antie, dit kink seker of ek die volmaakte prentjie vir ’n gesin vir Antie geskets het. My probleem is dat ek die midlife crisis ge-skip het, maar my arme vrou worstel vreeslik daarmee – in so ’n groot mate dat sy deesdae in die gemeenskap uitgelag word.

Antie, sy was altyd ’n vrou wat kon raakvat en het my so mooi bygestaan. Dit is grotendeels die rede hoekom ek vandag so suksesvol is. Maar lately dra sy hierdie vieslike jintoe-klere wat eintlik bedoel is vir maer tienermeisies.

Die ergste is dat sy sommige kere klere uit ons laatlammetjie-dogter se kas gaan haal om aan te trek. En dit is nou nie asof sy heeltemal meer die lyf daarvoor het nie.

Maar dié niggie wurg haar in die styfste jeans, mini skirts en toppies wat haar tette laat uitborrel. Dan dra sy hierdie hakke skoene waarop sy soos ’n eend loop omdat sy nie haarself mooi kan balanseer nie.

Die make-up kan ook met ’n graaf van haar gesig geskraap word. Ek is nou al só skaam dat ek enige flou rede sal aanvoer waarom my vrou nie saam met my na ’n werksfunksie kan gaan nie.

Gaan ons na ’n skoolvergadering, skaam ek my morsdood. Ek sien hoe die mense haar koggel en van haar skinder. Om alles te kroon, kry my meisiekind, sy is nou 13, baie skaam vir haar ma.

Antie, ek is baie lief vir haar en wil haar nie seermaak nie. Hoe vertel mens haar diplomaties dat sy nou maar haar eie makeup en klere moet dra? – Raadop

 

  Liewe Raadop, 
Meneer, jy sit met ’n bittere taai tameletjie met dié vrou van jou. Die minuut as jy haar gaan try reghelp, gaan dit net groot rusies veroorsaak en dit gaan jul verhouding baie skade berokken.

Praat met jou dogter dat sy met haar ma praat. Dit werk die beste as so ’n mooi tiener haar ma kan vertel dat sy skaam is omdat haar ma probeer jonk wees met klere wat haar nie pas nie.

Dit laat vroue gewoonlik tot inkeer kom.
As dít nie help nie, gaan koop iets wat by haar ouderdom pas as geskenk vir haar.
Sterkte!

Die Son