VIR MY EKS-OU IS EK NET GOED GENOEG AS ’N STOOT

eks

Liewe Antie Mona
Ek het 22 jaar met my ou saamgewoon, maar toe kry hy vir hom ’n ander meisie. Hy het teruggekom, maar toe los hy my weer en gaan terug na haar.

Wanneer hy terugkom, wil hy net seks hê. Ek gee dit dan vir hom, want ek is baie lief vir hom, maar hy maak my hart baie seer.

Wat moet ek doen? – Anoniem

 

  Liefie, dis tyd dat jy die waarheid moet face: Hy is nie lief vir jou nie.

Ek dink nie daai vuil uil het ooit vir jou iets gevoel nie. Hy gebruik jou net om sy lus te blus, en wanneer sy tenkie leeg is, is jy nie meer goed genoeg nie. Daai man voel niks vir jou nie, want vir hom gaan alles daaroor om sy eie behoeftes te bevredig.

Nee wat, sy gat. Sny hom uit jou lewe en move aan. Solank jy hom elke keer in jou lewe toelaat, gaan jy nooit iemand anders ontmoet nie. En dan laat jy hom toe ook maar net om jou hart weer te breek en dan uit jou lewe te verdwyn.
Jy sê 22 jaar; dis darem ’n baie lang tyd om ’n drol te entertain.

Hoe ver op die lewe se weg van die liefde kon jy nie nou al gewees het as jy iewers langs die pad al opgehou het om jou tyd met hom te mors nie? En selfs in daai 22 jaar het hy nie eens die moeite gedoen om met jou te trou nie, wat eintlik ’n bedekte seën is, want dan was daardie slet van ’n jong vandag jou man.

Hy buit jou uit, want hy weet jy is lief vir hom en val maklik vir sy flou kaarte. Oor en oor. Dis tyd dat jy wakker skrik en die koffie ruik.

– Die Son