VROU (29) IS BANG LOVER MET PAP WORS LOS HAAR

wors

Liewe Antie Mona
Ek is 29 jaar oud, en my outjie word 50. Seks is ’n probleem, want hy raak nie meer styf nie.
Wat moet ek doen?
Ek wil hom nie verloor nie! – via SMS-lyn

 

 Liefie, wil jy vir my sê jy dink die pap wiel is oor hy nie meer lus vir jou kry nie?

Want hoe kan jy bang wees om hom te verloor as hy die eintlike een is wat bekommerd en insecure behoort te voel oor hy dalk kan dink jý hom sal los oor hy jou nie kan satisfy nie.

Jou kêrel se impotensie kan aan verskeie mediese faktore gekoppel wees. Laat hom ’n bietjie die dokter gaan sien en hom laat uit-check. Die dokter kan dan ook ’n wiel-oppomper-pilletjie voorskryf wat hom gou weer op die pad sal kry.

Waak egter daarteen om so angstig oor ’n man te wees wat jou dalk kan los. Jy blyk veel meer te worry oor papwielseks as of hy ooit van plan is om ’n future met jou te hê.

Is seks dan belangriker vir jou as om eendag jou fairytale wedding te hê?

Die Son